top of page

VERHOUDINGS

wat maak 'n verhouding een wat omgee ?

Verhoudings waarin daar vir mekaar omgegee word, is veilig – jy sal nie bang,

geintimideerd of angstig voel in ‘n verhouding waarin daar omgegee word nie.

• Hierdie verhoudings behoort jou goed oor jouself te laat voel.

• Vertroue. Dink oor wat mense betroubaar maak?

• Wedersydse omgee – die ander persoon gee om vir jou en jy gee vir

 daardie person om.

• Dit is altyd belangrik om te luister na hoe jy voel in ‘n verhouding omdat dit

 jou inligting gee oor moontlike gevaartekens of probleme wat aangespreek  

 moet word.

 

 

VERHOUDINGS KOEK: ‘n Metafoor om te help om keuses te maak

 

Wanneer ons ‘n maat kies is dit belangrik om te dink oor kwaliteite en persoonlikheids eienskappe wat vir jou belangrik is. Dink aan om ‘n maat te kies soos om ‘n koek te bak.

 

·  Die noodsaaklike bestanddele – dit is die eienskappe van ‘n maat en ‘n

  verhouding wat jy identifiseer as nodig, of ‘n “moet hê”;

 

• Die versiering – hierdie is eienskappe van ‘n maat of ‘n verhouding wat

 “goed is om te hê”, maar nie noodsaaklik is nie;

 

• Die kersies, neute, sprinkels, of ander versierings – hierdie is die “ekstra

 goeie” eienskappe van ‘n maat of verhouding wat dit kan verbeter,

 maar wat nie noodsaaklik is nie. Jy mag dalk die “kersies” of ander 

 versierings vind soos jy jou maat leer ken en die verhouding ontwikkel;

 

• Bederwers of “vrot eiers” – hierdie is die eienskappe van ‘n maat of  

 verhouding wat die “koek” (verhouding) kan bederf en dit is die eienskappe

 wat jy nie in ‘n maat of verhouding wil hê nie.

 

Hierdie metafoor kan jou help om te dink oor:

• Die tipe persoon jy wil hê as meisie of kêrel.

• Die tipe verhouding wat jy wil hê met hierdie persoon.

• Wat maak van ‘n verhouding die tipe verhouding waarin jy betrokke wil

 wees?

bottom of page