top of page

 

cholera

Wat is dt?

n akute aansteeklike dunderm-infeksie, wat veroorsaak word deur die inname van kos en water wat met die bakterie Vibrio cholerae  besmet is, gewoonlik deur menslike ontlasting.

 

Wie kan dit kry

Cholera-sterftes kom meestal voor onder babas, verswakte bejaardes en ondervoede mense. Sowat ’n miljoen Vibrio cholerae-bakterieë moet deur ’n gesonde volwasse ingeneem word voordat hy cholera opdoen, maar dit kan minder wees by byvoorbeeld mense met verswakte immuunstelsels

 

Simptome:

Die meeste mense wat aan cholera blootgestel word, word nie dadelik siek nie. Diegene kan met ander woorde ander mense aansteek sonder dat hulle dit besef.

Die eerste simptoom is gewoonlik diarree. Die begin van cholera is baie skielik ná ’n inkubasie-periode van ses uur tot vyf dae.

Cholera-simptome kan matig tot ernstig wees en sluit in:

  • Ernstige

  • waterige diarree

  •  naarheid

  • Braking

  •  spierpyn

  •  dehidrasie – verlies van baie water

  • n droë mond

  • lae bloeddruk

  • skok

 

Tekens en simptome in kinders:

Kinders het in die algemeen dieselfde simptome as volwassenes, maar kan ook die volgende ervaar:

  • oormatige moegheid (selfs koma)

  •  koors

  • ernstige krampe.

 

Die behandeling van cholera:

Alhoewel die siekte lewensbedreigend is, is dit maklik om dit te voorkom en te behandel.

Suksesvolle behandeling behels die vervanging van die vloeistowwe en soute wat deur diarree verlore gegaan het.

Na gelang van die pasiënt se toestand kan ’n mengsel van suikers en soute gedrink word.

Sulke medisyne kan vooraf gekoop en met water aangemaak word.

Indien die pasiënt te swak is om te drink, moet voedingstowwe met ’n drup toegedien word.

Met vinnige behandeling en vervanging van stowwe sterf minder as 1% van die cholerapasiënte.

Alhoewel antibiotika die tydsduur van die simptome verkort, is dit nie so noodsaaklik soos rehidrasie nie. Dit sal slegs in die geval van baie siek pasiënte gebruik word.

 

Wat kan ek doen om cholera te voorkom?

 

  • Was gereeld jou hande, veral nadat jy die toilet gebruik het.

  • Spoel groente en vrugte deeglik af voordat jy dit eet. Andersins kan jy dit afskil.

  • Kook water ongeveer n minuut en laat dit afkoel voordat jy dit drink. Dit moet jy veral in risikogebiede doen.

  • Vir mense wat reis na gebiede waar cholera n gevaar is, is voorkomende inspuitings teen dié siekte noodsaaklik.

     Dit is ’n entstof wat van dooie bakterieë gemaak word wat gedeeltelike beskerming bied vir ’n tydperk van drie tot ses maande ná immunisasie.

  • Reisigers word ook vir hul eie veiligheid gevra om op higiëne te let en weg te bly van rou kosse en water wat dalk besoedel isis

 

TUBERKULOSE (TB)

I

Hoe versprei TB?

WAAR TB primêr n siekte van die asemhalingstelsel is, word dit gewoonlik deur

  • hoese

  • niese versprei

  • selfs deur te skreeu of te sing.

Die piepklein bakterieë sweef in die lug in die lyers se uitgewerpte vogdruppels en só word die siekte uitgedra.

 

Mense wat naby n lyer is, kan die TB-kieme

  • inasem,

  • miskien selfs kieme wat in stof aanwesig nadat n lyer op die grond gespoeg en die speeksel droog geword het.

  • Die grootste gevaar is egter om  n bed of woonruimte met n teringlyer te deel.

 

Verspreiding kan ook deur die spysverteringskanaal opgedoen word, met ander woorde deur kos of drank in te neem wat deur n lyer besmet is.

 

Ontstellend genoeg kan TB-kieme selfs in jou liggaam lewe sonder dat jy daarvan siek word. Dit word TB-infeksie genoem. Jou immuunstelsel hou die TB-kieme in toom met spesiale kiemvegters. Hulle keer dat die TB-kieme die oorhand oor jou gestel kry. Hoewel ’n derde van die wêreld se mense sulke kieme in hul liggame het, kom die siekte by ’n betreklik klein persentasie mense voor.

 

Dis eers wanneer die geïnfekteerde mens se immuunstelsel om die een of ander rede verswak raak, dat TB-infeksie tot aktiewe TB kan ontwikkel.

 

En elke mens wat tuberkulose opdoen, het dan beslis mediese hulp nodig. As hy dit nie kry nie, kan hy sterf.

 

Die goeie nuus by die slegte is dat, hoewel TB deur die lug versprei soos hierbo beskryf, ’n mens darem gewoonlik lank die besmette lug moet inasem voordat jy tuberkulose sal kry.

 

Daarteenoor is al bereken dat elke TB-lyer wat nie behandeling ontvang nie, waarskynlik elke jaar tien tot vyftien ander mense sal besmet.

 

 

Oorsake

ONDER die vernaamste faktore wat tot die verspreiding van TB bydra, is

  • swak maatskaplike omstandighede,

  • oorbevolking,

  • groot gesinne,

  • swak behuising

  • armoede.

Dokters en gesondheidswerkers wat dikwels aan teringpasiënte blootgestel word, loop ook ’n groter gevaar om die siekte te kry.

Eintlik kan niemand egter seker wees dat hy of sy nooit TB sal opdoen nie. Mense van alle ouderdomme, nasionaliteite en sosio-ekonomiese groepe kan op die een of ander manier geïnfekteer raak.

 

Simptome

AS jy tuberkulose het, kan jy:

  • swak voel,

  • jou eetlus verloor,

  • gewig verloor,

  • ’n koors hê

  • snags baie sweet.

Hierdie tekens kan etlike weke lank voortduur. As jy nie behandeling ontvang nie, word hulle gewoonlik erger.

 

Indien die TB in jou longe is, kan jy:

  • baie hoes,

  • baie slym uithoes,

  • bloed hoes of

  • pyn in jou bors hê wanneer jy hoes.

As jy TB in ’n ander deel van jou liggaam het, sal die simptome vanselfsprekend anders wees. Slegs ’n dokter of opgeleide gesondheidswerker kan vasstel of jy inderdaad tuberkulose het.

 

Onthou, TB kán genees word

DANKSY spesiale middels wat die bakterie Mycobacterium tuberculosis doodmaak, is TB vandag ’n geneeslike siekte. Tog is die TB-kieme baie sterk. Dit duur minstens ses tot nege maande voordat die medikasie al die bakterieë uitgewis het. Dit is baie noodsaaklik dat pasiënte nie sal ophou om hul medisyne te gebruik nie.

Indien die medikasie te gou gestaak word, is daar ’n groot probleem.  Die TB-kieme wat steeds aktief is, raak selfs sterker. ’n Mens het dan sterker middels nodig om hierdie "super"-kieme dood te maak, iets wat nie nodig sou gewees het as die oorspronklike

 getrou gesluk is nie.

EBOLA

Wat is Ebola-virussiekte?

Die Wêreldgesondheidsorganisasie omskryf Ebola as n ernstige, aansteeklike en dikwels dodelike siekte in mense en niemenslike primate (ape, gorillas en sjimpansees) wat deur besmetting met die Ebola-virus veroorsaak word. Dit is hoogs aansteeklik en kan tot skielike sterftes ly, MAAR dit kan voorkom word.”

 

Hoe versprei Ebola?

Dit is nie altyd moontlik om vas te stel hoe die virus by mense voorkom nie, maar die eerste besmette persoon in só ’n epidemie doen gewoonlik die virus op deur kontak met ’n besmette dier.

 

Blootstelling aan die virus is ook moontlik deur direkte fisieke kontak met ’n besmette persoon se liggaamsvloeistowwe (speeksel, bloed, urine, sweet, ens.) of fisieke kontak met vuil linne wat deur ’n besmette persoon gebruik is. Voorwerpe soos naalde wat met besmette liggaamsvloeistowwe besmet is, kan ook die virus versprei.

Die inkubasietydperk van die virus is twee tot 21 dae, waartydens ’n persoon simptome kan toon of nie.

 

Die simptome van Ebola:

  • Koors

  • Braking

  • Diarree

  • Keelseer

  • Gewrig- en spierpyne

  • Maagpyn

  • Hoofpyn

  • ’n Uitslag wat soos masels lyk

  • Rooi oë

  • Oormatige hik

  • Bloeding deur liggaamsopeninge mag by sommige pasiënte voorkom

 

’n Persoon wat aan die bogenoemde simptome ly, behoort onmiddellik mediese behandeling te ontvang. Die pasiënt sal in isolasie geplaas word sodat sy/haar mediese toestand gemonitor kan word. Indien die persoon wel met Ebola besmet is, sal isolasie ook voorkom dat die virus versprei. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dat isolasie en streng versperringsverpleegtegnieke van die belangrikste maniere is om te keer dat die virus versprei.

 

Hoe kan Ebola besmetting verhoed word?

  • As jy weet of vermoed dat iemand met Ebola besmet is, vermy direkte kontak met hulle liggaamsvloeistowwe.

  • Neem die persoon eerder na die naaste hospitaal vir mediese behandeling en waarsku mense met wie hulle in aanraking was onmiddellik, sodat hulle ook mediese hulp kan kry.

  • As jy ’n gesondheidswerker is of iemand versorg wat met die virus besmet is, dra handskoene, ’n masker en beskermende bril om jou teen direkte kontak met hulle liggaamsvloeistowwe te beskerm.

  • Moenie aan die liggaam raak van ’n persoon wat aan Ebola gesterf het nie. Die liggaam moet deur opgeleide professionele mense verwyder word volgens regulasies wat hoogs beskermende klere en onmiddellike verwydering van die stoflike oorskot voorskryf.

  • Selfs al wil die siek persoon nie gaan vir mediese behandeling nie, moet jy enige gevalle van vermoedelike besmetting onmiddellik by jou naaste mediese fasiliteit aanmeld.

  • Die virus kan ook versprei deur kontak met die vuil klere of bedlinne van ’n Ebola-pasiënt. Vuil linne kan deur industriële metodes ontsmet word, maar dit is beter om dit te verbrand.

  • Lig almal in jou gemeenskap in oor die virus. Só kan die simptome vroegtydig geïdentifiseer word en die besmette persoon geïsoleer word. Selfs al is die siek persoon nie met die virus besmet nie, is dit beter om aan die veilige kant te bly.

  • Die Wêrelgesondheidsorganisasie beveel ook die volgende aan: “Aangesien die primêre manier van oordrag deur kontak met besmette bloed, afskeidings of liggaamsvloeistowwe is, behoort mense wat in direkte fisieke kontak met pasiënte was noukeurig gemonitor te word. Hulle liggaamstemperatuur behoort twee keer per dag geneem te word, en indien hulle koors ontwikkel, moet hulle onmiddellik gehospitaliseer word.”

MIV & VIGS

Wat is dit?

Verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs) (Engels: Aids), as gevolg van 'n besmetting met die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV), is 'n sindroom wat die immuunstelsel aanval en geleidelik vernietig. Pasiënte met 'n verswakte immuunstelsel is uiters vatbaar vir sekondêre (of opportunistiese) infeksies, en 'n bepaalde kombinasie van hierdie infeksies word as die sindroom vigs gedefinieer.

 

Hoe MIV-infektering plaasvind

  •   Seksuele oordrag: Manlike homoseksuele of biseksuele gedrag het aanvanklik die meeste gevalle veroorsaak, maar seksuele oordrag van man tot vrou of vrou tot man       neem hand oor hand toe, veral in streke soos Afrika suid van die Sahara—en natuurlik ook Suid-Afrika.

  •   Oortappings van besmette bloed of bloedprodukte: Voordat die vigsgevaar besef is, het veral hemofilielyers (die sogenaamde "bloeiers") op hierdie manier besmet         geraak.

  •   Voorkomende maatreëls wat daarna getref is en wat steeds geld, het hierdie gevaar so te sê uitgeskakel.

  •   Oordag onder dwelmslawe wat inspuitnaalde deel: Voorligting het veroorsaak dat ál minder dwelmgebruikers met die MI-virus besmet raak.

  •   Oordrag van ma’s aan babas: Babas van ma’s wat met die MI-virus geïnfekteer  is, loop gevaar om tydens geboorte of deur borsvoeding besmet te raak. Die meeste van   die kinders wat die virus opdoen, kry dit op hierdie manier (lees heel onderaan meer hieroor). 

  •  Ander/onbekend:  Hierdie groep bestaan uit mense wat vigs opgedoen    het deur ander maniere (bv. 'n besering per ongeluk deur 'n besmette naald of borsvoeding b     vigs-ma's).

 

Geen-risiko-aktiwiteite

  • Aanraking: Die Ml-virus kan nie deur aanraking soos handskud oorgedra word nie.

  • "Droë soen": ’n Soen sonder die uitruil van speeksel hou geen risiko van virusoordrag in nie.

  • Omhelsing: Daar is geen risiko om die virus deur omhelsing of vertroeteling oor te dra nie.

  • Deel van eetgerei: Die virus kan nie oorgedra word deur ’n glas of eetgerei te deel nie.

  • Bloedskenking: Slegs steriele naalde word in Suid-Afrika vir bloedskenking gebruik.

  • Ander kontak: Die virus kan nie deur toiletsitplekke of ander voorwerpe opgedoen word nie.

 

 

16 ernstige simptomesimptomesimptomesimptome

 

1. 'n Konstante gehoes.

As jy onlangs griep gehad het, sal jy vir 'n paar dae of selfs vir 'n paar weke aanhou hoes. Maar as jy 'n hoes het wat permanent sy intrek geneem het, is dit tyd om dokter toe te gaan. Dit kan een van verskeie dinge wees, van tuberkulose tot 'n borsinfeksie tot longkanker, om maar net 'n paar moontlikhede op te noem.

 

2. Rektale bloeding. 

As jou stoelgang donkerkleurig is en jy daarvan bewus raak dat daar gereeld bloeding uit jou anus is, maak daardie afspraak. Dit kan een van 'n hele aantal dinge wees, van nie-kwaadardig (bloeiende aambeie) tot baie ernstig (kolon kanker), maar moenie enige kanse waag nie.

 

3. Verblindende hoofpyne.

Almal van ons kry elke nou en dan hoofpyne, maar as jy gereeld van die werk af wegbly en vuistevol pynpille sluk, het die tyd vir aksie aangebreek. Dit kan iets heel eenvoudig wees, soos dat jy 'n nuwe bril nodig het of jou dieet of lewenstyl moet verander, of dit kan iets ernstiger wees. Vind liewer so gou as moontlik uit presies wat skort.

 

4. Visuele probleme.

Almal se sig gaan met die ouderdom effens agteruit, maar as jou visie oornag wasig raak of enige ander radikale verandering ondergaan, gaan sien 'n oogspesialis of 'n neuroloog. Dit mag 'n kleinigheid wees, maar wie weet, miskien nie.

 

5. Koors.

As jou liggaamstemperatuur sonder enige ooglopende rede kwaai fluktueer, vind dadelik uit wat verkeerd is. En as jy vir meer as drie dae koorsig is, gaan sien jou dokter.

 

6. Aanhoudende diarree.

Of dit nou deur voedselvergiftiging of 'n virus veroorsaak word, diarree is gevaarlik. En hoe langer dit voortduur, hoe gevaarliker word dit omdat dit jou dehidreer. As jy gereeld diarree kry, of as dit vir meer as twee of drie dae aanhou, gaan dokter toe. As jou baba diarree het, moenie wag nie, gaan sien dadelik 'n dokter of verpleegster. Moenie versuim nie.

 

7. Borspyn.

Dit is miskien iets onskuldig soos sooibrand, maar dit kan ook beteken dat jy hartprobleme het. As jy bo en behalwe benoudheid op die bors pyn in jou linkerarm het, vergeet van jou huisdokter – gaan direk na die naaste noodeenheid toe. Dit is moontlik 'n hartaanval.

 

8. Nagsweet.

 Nagsweet is nie normaal nie – dit is dikwels ’n simptoom van tuberkulose, vigs of Hodgkin se siekte wat 'n soort limfkanker is. Doen dadelik iets daaraan.

 

9. Sere op geslagsdele.

Dit is gewoonlik 'n simptoom van ’n seksueel-oordraagbare siekte. Dit moet nie geïgnoreer word nie, aangesien dit, buiten wat dit aan jou kan doen, ook oordraagbaar is.

 

10. Nuwe moesies.

Die meeste mense het moesies êrens op hulle liggame. Indien die moesie van kleur, vorm of grootte verander, kan dit kwaadaardig word. Wees op die uitkyk vir nuwe moesies. Hulle sal nie van self weggaan nie en kan op die lange duur gevaarlik word.

 

11. Skielike spierswakheid.

 As jy ewe skielik sukkel om te staan, loop of balanseer, of as spiere wat die dag vantevore piekfyn was, skielik swak is, gaan sien 'n dokter. Dit kan byvoorbeeld Parkinson se siekte wees of miskien 'n ligte beroerte. En, ja, jong mense kan ook beroertes kry.

 

12. Asemhalingsprobleme.

Skielike asemhalingsprobleme kan baie dinge beteken – van asma tot 'n allergiese reaksie, om maar net twee te noem. Asemhalingsprobleme kan vinnig lewensbedreigend word. Moet dit nie ignoreer nie.

 

13. Konstante urinering.

Almal urineer ’n paar keer per dag, maar as jy twee of drie keer per nag begin opstaan om toilet toe te gaan, is daar fout. Dit kan prostaatprobleme wees of die begin van tipe 2 diabetes, of selfs net 'n blaasinfeksie. Maak liewer seker.

 

14. Knoppe en klonte.

Of dit nou opgeswelde kliere of knoppe onder die vel is, hierdie soort ding moet nooit geïgnoreer word nie. Liewer bang Jan as dooie Jan. Dit kan net 'n ligte infeksie of 'n puisie of pitsweer wees, maar miskien is dit iets erger. Laat dit ondersoek.

 

15. Kroniese uitputting.

Met 'n heeldagse gewerkery en die stres van 'n familie aan die gang hou, is dit verstaanbaar dat die meeste mense moeg is. Maar as jy skielik voel dat om soggens op te staan bomenslike inspanning verg, is dit dalk 'n teken dat daar fout is. Dit kan depressie wees, maar die uitputting kan ook 'n simptoom van iets anders wees.

 

16. Verlies aan belangstelling in die lewe.

sAs jy of lede van jou familie vermoed dat jy depressief is, hoekom onnodig ly? Ons leef nie meer in die veertiende eeu nie en depressie kan behandel word. Die meeste mense wat selfmoord pleeg, ly aan depressie. Gee jou serotonienvlakke 'n hupstoot voor jy daardie vlak van desperaatheid bereik.

 

 

 

 

 

 

bottom of page