top of page

dwelms 

Wat daggarook aan n mens doen

 

NET een daggasigaret kan genoeg wees om verskillende erg negatiewe uitwerkings op die roker te hê. Behalwe dat hy hartkloppings en n verlies aan spierkoördinasie kan ondervind, kan sy oë bloedbelope en sy gevoel van tyd en ruimte versteur wees. In sy verwarde denke kan hy miskien nie eens onlangse gebeurtenisse onthou nie. Sy vermoë om motor te bestuur of masjinerie te hanteer, is aangetas. Boonop kan hy hallusineer en rare en skrikwekkende dinge in sy gedagtewêreld optower, waarop hy vreesagtig of paniekbevange reageer. Daggarook kan selfs tot ernstige geestesversteurings lei.

 

 

Waar dagga gereeld gebruik word, lei dit tot baie sosio-ekonomiese en gesondheidsprobleme, soos dit ook met die gebruik van ander dwelmmid­dels gebeur.

  • Onverskilligheid,

  • lusteloosheid,

  • swak motivering

  • min be­langstelling in die dag van môre

  • selfs die geneigdheid om kriminele dade te pleeg

Dui op die afgestompte en verworde geesteslewe van "ou" daggarokers. Die afhanklikheid van dagga kan al hul gedagtes en handelinge oorheers.

 

Fisiek kan daar longskade wees. Daggasigarette het tot 50 persent meer teer as tabaksigarette. Nog ’n liggaamlike nadeel is verlaagde weerstand teen infeksies. Dit kan ook toenemende onvrugbaarheid en beskadiging van die voortplantingselle in die hand werk, wat ’n invloed tot selfs in die derde geslag kan hê. By swanger vroue kan dit tot beskadiging van die fetus, doodgebore babas en gestremde kinders leilei

 

 

Wat dwelms is en hoe die misbruik daarvan ontstaan

 

Ecstasy-tabletteMIDDELS wat die mens in sy liggaam en gees "aantas"—die normale werking van die liggaam en brein verander—word verdowingsmiddels genoem. Dit word in die geneeskunde as opkikkers gebruik of om pyn te verlig, angs te verminder of om mense te laat slaap as hulle aan slaaploosheid ly. Sekere verdowingsmiddels kan egter verslawend wees en dan word daarvan as dwelmmiddels, of kortweg dwelms, gepraat.

 

Selfs die ligter pynverdowers, soos aspirien en parasetamol, en stimulante soos kafeïen, kan naderhand onnodig uit gewoonte gesluk word. Alkohol en nikotien is in sekere opsigte ook dwelmmiddels.

 

Baie mense trap in die strik om medisyne uit gewoonte te gebruik sonder dat hulle ooit bedoel het om daardeur verkneg te word. Medisyne word gesluk by die geringste teken van pyn, verkoue, moegheid, hoofpyn, hardlywigheid of watter kwaaltjie ook al. Ook hul kinders word vir die geringste skeet handevol pille gevoer.

 

In die meeste gevalle is sulke medikamente glad nie nodig nie. Die natuur bewerk baiemaal juis só 'n toestand in die liggaam om ’n bepaalde te­kortkoming in die daaglikse leefwyse of roetine uit te wys. Mense wat so maklik medisyne sluk of dit vir hul kinders gee, stel ’n gevaarlike voorbeeld.

 

Deur ’n sterk afhanklikheid van medisyne te bevorder, word potensiële dwelmslawe gekweek.

 

Dokters kan ’n aandeel hierin hê deur medisyne voor te skryf wat nie noodsaaklik is nie sonder dat hulle eers behoorlik daaroor nadink. Baie dwelmslawe sê juis dat hul dwelmmisbruik by die ongedissiplineerde gebruik van huishoudelike geneesmiddels begin het.

 

 

Moontlike tekens dat n kind dwelms misbruik

LET op die volgende as jy vermoed dat ’n kind dwelms gebruik:

 

  • Die kind se gedrag het verander. Hy (of sy natuurlik) kan op vreemde tye weg van die huis wees, homself vir lang tye afsonder, sonder klaarblyklike rede buierig of senuagtig wees, onverklaarbaar aan die giggel gaan of gedurig doelloos rondsit en lyk of hy in sy gedagtes versonke is.

  • Hy doen dinge anders as voorheen. Hy vaar swakker op skool en stel nie meer soveel belang in sport en stokperdjies as eers nie. Hy is vaag en ontwykend wanneer hy oor sy vriende praat—wie hulle is en waarnatoe hulle gaan wanneer hy hulle vergesel. Hy gee ongeërg geld uit en jy kom agter dat hy suutjies jou of die ander huisgenote se geld vir homself neem.

  • Daar is tye wanneer hy bedweld lyk. Dan praat hy onduidelik en kan boonop nie goed kommunikeer nie. Hy is rusteloos, loop waggelend en sy konsentrasie is swak. Dit lyk inderdaad of hy dagdroom of in ’n dwaal is. Partykeer kan sy gedrag selfs bisar wees, wanneer hy, sê maar, dinge hoor of sien wat nie bestaan nie.

  • Jy ontdek pille of ander middels wat erg verdag lyk in die kind se kamer of elders.

  • Middels kry voete uit die gesin se medisynekassie. Let veral op as dit kalmeermiddels, slaaptablette of eetlusdempers is wat só verdwyn.

 

 

Daar is spesifieke aanduidings dat bepaalde soorte dwelms gebruik word. Hieronder is die aanduidings vir dagga, stimulante, kalmeermiddels, inasemingsmiddels en hallusinasiemiddels:

 

* Dagga: bloedbelope oë (soms ongewone vlekke aan die vingers of handpalms, giggel-episodes, buitengewone honger (veral ’n lus vir soetighede) of dors, dromerigheid, ’n reuk soortgelyk aan brandende onkruid in die kind se kamer of aan sy klere.

 

* Stimulante (bv. verslankingstablette): Om "hoog" te wees, afwisselend uitgelate en neerslagtig, slaaploosheid, verminderde eetlus, afname in massa.

 

* Kalmeermiddels (bv. slaaptablette, bedaarmiddels, sommige pynstillers en hoesmedisyne): Lomerigheid, oormatige slaap, ongekoördineerde bewegings, swak konsentrasie, dronk voorkoms, verlies aan inhibisies, leë bottels in die vullisblik.

 

*  Inasemingsmiddels (bv. gom, verfverdunners, naellakverwyderaars, aërosolprodukte, petrol): Onduidelike spraak, verwarring, buitengewone aggressie en prikkelbaarheid, hallusinasies en waggelende treë. Dit is ’n besonder gevaarlike vorm van dwelmmisbruik omdat dit tot breinskade kan lei. Buitengewone hoeveelhede van hierdie stowwe sal dalk gevind word.

 

*  Hallusinasiemiddels (bv. LSD): Uiters abnormale gedrag, soos verwardheid, opgewondenheid, rusteloosheid, hallusinasies, gesprekke met homself, deurmekaarpratery. Hy kan meen dat hy deur ander vervolg word; "terugflitse" (skielike onverklaarbare tye van abnormale emosies, waarnemings of gedrag, veral ’n gevoel van veranderde realiteit en paniek).

 

Onthou!

Al die verskynsels wat hierbo genoem is, kan ook ander en soms ernstiger oorsake hê. Vra jou huisdokter om raad; moenie oorreageer nie.

Bes moontlik sal al die tekens nie tegelykertyd teenwoordig wees nie.

Buie wat vinnig verander, onverklaarbare angs, paniek en abnormale gedrag kan by elke vorm van dwelmmisbruik voorkom.

n Mens moet verwag dat die adolessent aanvanklik die gebruik van dwelmmiddels sal ontken of ontwykend daaroor sal wees.

 

 

Wat ’n ouer of ander mense naby aan hom moet doen nadat vasgestel is dat ’n kind beslis dwelms gebruik:

 

  • Bly kalm. Weer eens: moenie oorreageer nie. Moenie aan die huil gaan en deur jou trane deur verwyte rondslinger nie.

  • Vra die kind mooi om jou soveel moontlik te vertel oor hoe lank hy reeds die dwelms gebruik en hoeveel hy daarvan gebruik.

  • As die kind aanvaar dat hy hulp nodig het, help waar jy kan en reël vir die nodige professionele hulp.

  • Vergeet van ander huislike onenighede en vorm ’n verenigde front in die gesin en huwelik om hierdie probleem die hoof te bied.

  • Voer openhartige gesprekke binne die gesin om doodseker te maak dat die kind se dwelmmisbruik permanent beëindig word.

  • Wees bewus daarvan dat ’n konfrontasie kan ontwikkel. Moenie toegee nie, maar kry dit agter die rug. Baie jong mense willig eers ná ’n konfrontasie in om behandeling te ondergaan.

 

 

Dwelmmisbruik: Is daar ’n oplossing?

OMDAT die oorsake van delmmisbruik so veelvuldig is, geld ’n oplossing vir een geval dikwels nie vir ’n ander nie.

 

 

Maar in die breë gesien, sal die beste oplossing vir die probleem natuurlik voorkoming wees. Kinders en jong mense moet betyds baie deeglik kennis dra van die werklike gevare van dwelmmisbruik sodat hulle die waarskuwings nie maar net sal beskou as bangmaakpraatjies van die ouer geslag nie.

Verskerpte inligtingsveldtogte van owerheidweë en deur welsynsorganisasies moet potentensiële slagoffers oral bereik, nie slegs tot in die verste uithoeke van die misdaadhole nie, maar ook in die rykmanshuise waar kinders baiemaal meer geld as liefde kry.

 

 

Iemand het al voorgestel dat daar naas lewensoriëntering op skool ’n afsonderlike vak geskep behoort te word waarin die dwelmgevaar vroeg-vroeg onder alle kinders se aandag gebring word.

Uitstappies na rehabiltasie-inrigtings waar leerders met hul eie oë sal kan sien hoe dwelms die lewens van jong mense van hul eie portuur verwoes het, behoort baie te doen om die probleem daadwerklik aan te spreek.

 

Hoekom sal ’n mens ’n lewe van onnoemlike ellende oor jouself bring net om ’n klompie ure lank te voel dat jy die koning van die wêreld is? Dis mos onnoselheid in die heel ergste graad, as 'n mens doodnugter daaraan dink.

 

Professionele hulp

 

TALLE geliefdes van dwelmmisbruikers besef gou hulle dat hulle deskundige raad moet kry... en daar is werklik genoeg meelewende mense en instansies wat hulle kan laat voel dat hulle nie alleen in hierdie beproewing is nie.

 

Benewens die dienste wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad insake Alkoholisme en die Afhanklikheid van Verdowingsmiddels (SANRA) gebied word, asook deur verskeie ander private welsynorganisasies, staatshospitale en provinsiale hospitale, is dokters, kliniese sielkundiges en maatskaplike werkers toegerus om sowel adolessente as hul ouers by te staan.

 

Dwelmmisbruik is ’n massiewe probleem. Altyd. Maar waar dit kop uitsteek, kan dit met ’n spanpoging in die kiem gesmoor word. Soos ons hierbo reeds gesê het, maar graag wil herhaal: Die kinders van Suid-Afrika het nie hierdie monster ook nog in hul midde nodig nie.

 

 

 

 

ALKOHOL

ALKOHOLISME... wat beteken dit? Vandag word dit allerweë as ’n siekte beskou, hoewel daar steeds sekere mense is wat vra hoe dit ’n kwaal kan wees as ’n mens willens en wetens uitgaan om die siekte op te doen. Maar dan kan die weervraag gestel word of enige verslawing dan nie iets is wat behandel behoort te word nie. Só gesien is dit inderdaad ’n siekte.

 

En soos enige ernstige ongesteldheid het ook alkoholisme sy kenmerkende simptome, dinge wat duidelik waarneembaar is by die persoon wat aan alkoholverslawing ly:

Hunkering

n sterk verlange om te drink

Verlies aan beheer

 nie in staat wees om op te hou drink as jy eers begin het nie

Fisieke afhanklikheid

onttrekkingsimptome, byvoorbeeld naarheid, sweting en bewerigheid nadat jy opgehou drink het

Toleransie

die behoefte aan groter hoeveelhede alkohol om “hoog” te kan raak

 

Alkoholisme is ’n siekte omdat die hewige drang wat die alkoholis ondervind om alkohol in te neem net so sterk kan wees as die behoefte aan kos en water. ’n Alkoholis sal aanhou drink ondanks ernstige gesins-, gesondheid- of geregtelike probleme.

 

 

HOE WEET EK IEMANDI IS MUISBRUIK ALKOHOL?

Een van die feitlik seker tekens dat iemand ’n alkoholis is, is waar hy soggens behoefte het aan ’n regmakerdrankie. Ander tekens kan wees dat die persoon kwaad word wanneer mense sy drankverbruik kritiseer of skuldig voel omdat hy so drink. (Let wel, oral waar in hierdie artikel na die alkoholis as hy of hom verwys word, moet ook sy of haar gelees word. Alkoholisme tref immers albei geslagte.)

 

Soos baie ander siektes is alkoholisme chronies, wat beteken dat die lyer lewenslank daaraan ly – en homself gedurig sal moet dissiplineer om van alkohol weg te bly of die gevolge sal moet dra. Dit het gewoonlik ’n voorspelbare beloop. Die moontlikheid om alkoholisme te ontwikkel, kan deur sowel ’n persoon se gene as sy lewenstyl bepaal word.

 

Maar as alkoholisme nie genees kan word nie, is dit uiters belangrik om te weet dat dit behandelbaar is. In die metodes van behandeling word van sowel berading as medikasies gebruik gemaak om mense te help om op te hou drink. Ja, daar bestaan inderdaad sekere medisyne teen dranksug, as lyers net oorreed kan word om dit te gebruik. Baie mense wat gedink het dat hulle reddeloos aan die bottel verkleef was, is al met sielkundige bystand en medikasie gehelp om hul lewens te herbou.

 

 

GEVARE

niemand kan tog die talle ernstige gevare ontken wat aan alkoholisme verbonde is nie. ’n Hewige drinkery kan die risiko van sekere soorte kankers verhoog. Dit kan die lewer beskadig en ook skade aan die brein en ander organe aanrig. Dit verhoog die risiko om te sterf in motorbotsings of aan beserings wat andersins opgedoen is, asook die risiko van moord en selfmoord. En soos boontoe uitgespel is, kan dit huise opbreek, menseverhoudinge beduiwel en boonop tot vele maatskaplike euwels lei.

 

Een van die heel grootste tragedies wat uit alholisme kan spruit,  is boonop geboortedefekte wat dit by babas kan veroorsaak.

 

 

Die hartseer van fetale alkoholsindroom

AS jy swanger is, mevrou, en alkohol drink, “drink” jou ongebore baba ook. Dit kan jou baba se groei belemmer en tot lewenslange liggaamlike probleme en gedragsprobleme lei. Een van die ernstigste gevolge van ’n drinkery tydens die swangerskap is fetale alkoholsindroom (FAS). FAS is ’n groep probleme wat die volgende kan insluit:

 

Word vroue anders deur alhohol aangetas as mans?

JA, alkohol het ’n ander uitwerking op vroue as op mans. Vroue word meer aangetas nadat hulle dieselfde hoeveelheid drank as mans gedrink het, selfs wanneer die verskille in hul liggaamsgewig in aanmerking geneem word. Dit is omdat vroue se liggame minder water bevat as dié van mans.

 

Omdat alkohol met die liggaamswater meng, raak ’n gegewe hoeveelheid alkohol meer gekonsentreerd in ’n vrou se liggaam as in ’n man s’n. Ons kan dit vergelyk met ‘n aksie soos om dieselfde hoeveelheid alkohol in ’n veel kleiner emmer water te gooi.

 

Dit is hoekom die aanbevole dranklimiet vir vroue laer is as vir mans.

Boonop eis chroniese alkoholmisbruik ’n hoër liggaamlike tol by vroue as by mans. Alkohol-afhanklikheid en verwante geneeskundige probleme, soos brein-, hart- en lewerskade, ontwikkel vinniger by vroue.

 

  • Verstandelike vertraagdheid

  • Geboortedefekte

  • Abnormale gesigstrekke

  • Groeiprobleme

  • Probleme met die sentrale senustelsel

  • Moeilikheid om te onthou en/of om te leer

  • Sig- of gehoorprobleme

  • Gedragsprobleme

  • FAS duur lewenslank. Daar is geen genesing daarvoor nie. Spesiale skooldienste kan moontlik beskikbaar wees om die kind met met leerproblemete help en met roetines tuis kan gedragsprobleme miskien aangespreek word. Maar voorkoming is altyd beter as nie-genesing. Vroue wat dus swanger isof swanger kan word, moet altyd bedag wees op die gevaar van alkoholgebruik.

 

 

 

Die nasionale hulplyn van Alkoholiste Anoniem

         – Suid-Afrika:

         0861 HELPAA (435722)

         Kontakbesonderhede op die web by:

          http://www.aanonymous.org.za/aa_contacts.htm

•   Hoofkantoor van die Heilsleër – Suidelike Afrika

         (Salvation Army – Southern Affrca Territory):

        Tel: 011 718 6700

         Faks: 011 718 6790

         E-pos: CS_SouthernAfrica@SAF.salvationarmy.org

         Webwerf: www.salvationarmy.org.zaza

 

 

bottom of page