top of page

Lewensvaardighede waaroor u as onderwyser moet beskik:

 

U as onderwyser moet lewer ʼn kernbydrae tot die transformasie van onderwys in Suid-Afrika. U as LO onderwyser moet in staat wees om verskeie rolle te vervul.

 

Aan onderwysers word die volgende rolle toegeken:

  • bemiddelaar van leer

  • interpreteerder en ontwerper van leerprogramme en leermateriaal

  •  leier, administrateur en bestuurder

  • geleerde, navorser en lewenslange leerder

  •  gemeenskapslid, burger en herder

  • assesseerder

  • leerarea- of fasespesialis

 

Die 16 lewensvaardighede waaroor ʼn goeie onderwyser moet beskik:

  • Self bewustheid

  • Empatie

  • Kritiese denke

  • Kreatiewe denke

  • Besluitneming

  • Probleemoplossing

  • Effektiewe kommuniekasie

  • Interpersoonlike verhoudinge

  • Hantering van stres

  • Beheer en hantering van emosies

  • Geduld

  • Aanpasbaarheid

  • Verbeelding

  • Spanwerk

  • Konstante leerder

  • Mentorskap

  • Leierskap

 

 

  • Self bewustheid sluit die erkenning van 'self', ons karakter, ons sterk punte en swakhede, begeertes en afkeure in. Self bewustheid kan ons help om te erken wanneer ons gestres is of onder druk voel. Dit is dikwels 'n voorvereiste vir effektiewe kommunikasie en interpersoonlike verhoudings, sowel as vir die ontwikkeling van empatie met ander.

 

  • Empatie - om 'n suksesvolle verhouding met ons geliefdes en die samelewing in die algemeen te hê, het ons nodig om om te gee vir ons leerders se behoeftes, begeertes en gevoelsens en om dit te verstaan.  Empatie is die vermoë om te dink wat die lewe is soos vir 'n ander persoon. Sonder empatie sal ons kommunikasie met leerders in ʼn eenrigtingverkeer loop

 

     Wanneer ons onsself sowel as ander verstaan, is ons beter voorbereid  om te kommunikeer oor

     ons behoeftes en begeertes. Ons sal meer toegerus wees om te sê wat ons wil hê mense moet

     weet, ons gedagtes en idees te bied en delikate kwessies aan te pak sonder om aanstoot  aan ander mense te gee.          

     Empatie help jou om ander te aanvaar wat dalk anders as u is. Dit kan sosiale interaksie verbeter, veral in situasies      van etniese en kulturele diversiteit. Empatie help ook om koesterende  gedrag aan te moedig teenoor mense in            die behoefte van sorg en hulp, of verdraagsaamheid, soos in die geval van vigs-lyers, gestremde leerders of                leerders met geestesiektes. 

 

  • Kritiese denke is die vermoë om inligting en ervarings te analiseer in ʼn objektiewe wyse. Kritiese denke kan bydra tot die gesondheid van leerders deur hulle te help om die faktore te herken en te evalueer wat ons houdings en gedrag beïnvloed, soos waardes, groepsdruk en die media.

 

  • Kreatiewe denke is 'n nuwe manier om dinge te dink of te sien wat kenmerkend is van vier komponente - vlotheid (die skep van nuwe idees), buigsaamheid (verskuif perspektief maklik), oorspronklikheid (bedink van iets nuut), en uitbouing (bou op ander idees).

 

  • Besluitneming help jou om konstruktief besluite te neem oor jou eie lewe asook die van jou leerders. Dit help jou om besluite te neem oor jou gesondheid en ook die van jou leerders in die geval van prakties in LO. Goeie besluitneming in jou persoonlike lewe help ook sodat u ʼn goeie rolmodel vir jou leerders kan wees.

 

  • Probleemoplossing help jou om konstruktief die probleme in jou lewe te hanteer. Probleme in jou persoonlike lewe kan lei tot verstandelike stres en fisiese spanning wat dan jou werk en jou verhouding met jou leerders negatief kan beïnvloed.

 

  • Interpersoonlike verhoudings help jou om ʼn positiewe band te vorm met jou leerders waarmee u in aanraking kom. Wanneer u ʼn goeie verhouding met jou leerders het, sal hulle jou vertrou met hul probleme en ook die vrymoedigheid hê om jou te raadpleeg of om te vra vir ondersteuning.

 

  • Effektiewe kommuniekasie beteken dat u die vermoë het om jouself uit te druk, verbaal en nie-verbaal, in so ʼn mate dat dit geskik is in sekere situasies, jou klaskamer en werksplek. Wanneer u effektief met jou leerders kan kommunikeer, sal hulle die vrymoedigheid hê om hul opinies, idees en begeertes uit te druk. Hul sal dan ook die vrymoedigheid hê om hulp te vra wanneer dit nodig is. U as goeie  LO onderwyser moet ook die vermoë hê om voor ʼn groot groep mense te kan praat.

 

  • Hantering van stres beteken dat  u die oorsaak van stres in jou lewe kan herken asook hoe dit jou lewe affekteer en dan so daarop kan reageer sodat u jou stresvlakke beter kan beheer. Dit  word gedoen deur jou leefstyl so te verander of aan te pas dat u beter kan ontspan.

 

  • Hantering van emosies beteken dat u emosies binne jou en ander kan herken, bewus wees van hoe die emosies gedrag beïnvloed en dan ook in staat kan wees om toepaslik op die emosies te reageer.  Wanneer u nie in staat is om jou emosies te beheer nie, sal dit jou verhouding met jou leerders asook jou verhouding met jou kollegas negatief beïnvloed.

 

  • Geduld. Kinders van vandag is het soms geen respek vir outoriteit nie. Om heel dag saam met leerders wat nie respek vir jou het nie te spandeer, mag jou dalk mal maak. Daarom moet u as goeie onderwyser die geduld hê om met sulke leerders te werk en hul respek te verdien.

 

  • Aanpasbaarheid. Leerders leer om verskillende maniere en sommige het unieke onderrig metodes nodig. U as goeie onderwyser met weet hoe om jou lesplan so aan te pas sodat al jou leerders optimaal kan leer.

 

  • Verbeelding. U moet jou verbeelding so kan gebruik sodat leerders op nuwe en interessante maniere kan leer.

 

  • Spanwerk. Wanneer u alleen voel, vra raak of hulp by die skoolhoof, administratiewe personeel, ander onderwysers of self ouer-onderwyser komitee. Om saam as ʼn span te werk, kan dit makliker wees om leerders se vermoë om te leer, lekkerder te maak.

 

  • Neem van risiko’s. Somtyds om ʼn groot beloning te kry, moet u risiko’s neem. Om ʼn onderwyser te wees beteken dat u dit moontlik moet maak vir leerders om te leer, en somtyds kan hierdie leermetodes riskant wees.

 

  • Konstante leerder. U kan nooit te veel weet  wanneer u ʼn onderwyser is nie, veral nie wanneer dit kom by die beste manier om jou leerders te onderrig nie. Goeie onderwysers is konstant besig om na nuwe maniere te soek om hul horisonne met kursusse, werkswinkels, en seminare te verbreed.

 

  • Mentorskap. U as onderwysers moet altyd onthou dat buiten ouers, u een van die belangrikste mentors in ʼn leerder se lewe is. Dit beteken dat u ʼn goeie voorbeeld moet stel te alle tye.

 

  • Leierskap. Een van die belangrikste lewensvaardighede wat u as onderwyser moet hê is leierskap. U leerders het iemand nodig om hulle te lei, in beheer te wees en die toon van die klas te set. Leierskap is ʼn moeilike vaardigheid, wat beteken dat u dalk hulp van buite wil kry as u voel dat u meer werk op hierdie vaardigheid nodig het.

 

 

 

 

Hoof verantwoordelikhede van 'N LO onderwyser:

 

ʼn LO onderwyser het verskeie belangrike verantwoordelikhede wat hy of sy nodig het om uit te voer op 'n daaglikse basis. Die eerste is natuurlik om die opvoeding van die studente in die klaskamer te bestuur. Dit beteken dat 'n LO onderwyser innemende, interaktiewe lesse moet verskaf wat LO leerders die vermoëns sal leer wat hulle nodig het om suksesvol te wees in die samelewing.  Lesse soos basiese geld bestuur, kos voorbereiding, geskrewe en verbale kommunikasie vaardighede, en werksaansoeke is ʼn noodsaaklik deel van die LO kurrikulum. 

 

 

 

 

 

 

 

bottom of page