top of page

GROEPSDRUK

Wat is dt

Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk baie subtiel sodat jy nie eers werklik daarvan bewus is nie!

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

 

 

Negatiewe groepsdruk

Negatiewe groepsdruk is enige gedrag wat deur maats afgedwing word en veroorsaak dat iemand sy maats se negatiewe gedrag of waardes naboots.

Laasgenoemde sien ons al van kleins af by kinders.

Heelwat ouers moes al aanhoor dat ‘almal’ ‘n sekere speelding besit en daarom wil en móét die kind dit ook kry.

Dit geld ook vir klere met ‘n spesifieke etiket daarop, veral by tieners. Negatiewe groepsdruk is ook die programme waarna jou kind op televisie wil kyk, aangesien ‘almal’ daarna kyk, alhoewel jy weet dat dit nie ‘n goeie invloed op jou kind kan hê nie.

 

Groepsdruk is dus nie iets wat net sy verskyning maak wanneer jou kind in die Hoërskool kom nie. Ouers begin meestal eers hul kinders waarsku teen groepsdruk wanneer maats en die portuurgroep se gedrag kommerwekkend word, byvoorbeeld wanneer die portuurgroep met alkohol of sigarette begin eksperimenteer of kru taal gebruik.

Begin reeds op ‘n vroeë ouderdom om jou kind voor te berei om teen groepsdruk op te staan. 

 

Hier is ‘n paar wenke om jou te help om jou kind te leer om nie daaraan toe te gee nie.

 

  • Wees ‘n voorbeeld vir jou kind deur self nie aan groepsdruk toe te gee nie. Onthou jy is jou kind se rolmodel.

  • Maak seker jy het ‘n goeie verhouding met jou kind sodat hy die vrymoedigheid het om met jou te kom praat wanneer hy in ‘n negatiewe situasie beland.

  • Dit is belangrik dat ouers op ‘n vroeë stadium reeds grense vir hulle kinders stel. Verduidelik vir jou kind waarom hy nie sy sin gaan kry nie, waarom jy hom nie gaan toelaat om ‘n televisieprogram te kyk nie, óf nie die spesifieke klere kan gaan koop nie.

  • Leer jou kind wat goeie waardes is. Goeie waardes en ‘n goeie lewensstandaard beteken nie om soos ander mense te wees nie, maar om volgens die wil van die Here te lewe, om Hom te gehoorsaam en jou lewe daarvolgens te rig.

  • Beklemtoon jou kind se positiewe eienskappe. Sodoende bou jy aan jou kind se selfbeeld en selftrots.

  • Leer jou kind dat wat hulle maats sê en doen, nie noodwendig die beste of belangrikste is nie.

  • Vermy maats wat nie jou kind aanvaar vir wie hy is nie, wat nie ‘nee’ as antwoord aanvaar nie en nie ‘n positiewe invloed op jou kind het nie.

  • As iets nie reg voel nie, is dit nie reg nie. Leer jou kind om in so situasie ‘nee’ te sê en weg te stap.

  • "Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. ... Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.”

     (Matteus 5:11)

 

 

Hiers raad met slegte groepsdruk

 

Die maklikste manier om slegte groepsdruk te hanteer, is om dit heeltemal te vermy. Omring jou met vriende wat se waardes en belangstellings soos joune is. Dan is die kans dat jy slegte groepsdruk sal ervaar, baie kleiner.

 

  • Haal asem

Wanneer iemand iets voorstel wat jou ongemaklik maak, haal eers asem. Jy hoef nie dadelik te antwoord nie.

 

  • Soek die regte woorde

As jou vriende jou wil ompraat om byvoorbeeld iemand af te knou of iets te steel, sê wat jy daarvan dink. Byvoorbeeld: “Dis wreed.” “Dis gevaarlik.” “Dis diefstal.” “Dis teen die reëls.”

 

  • Dink

Watter gevolge hou jou optrede in? Byvoorbeeld:

Iemand afknou: Gaan dit hulle seermaak?

Skoolreëls oortree: Jy kan in die hoof se kantoor beland en jou ouers sal jou moontlik ook straf.

Winkeldiefstal: Jy kan uitgevang word en in die polisiekantoor beland.

Rook, drink of dwelms gebruik: Jy kan verslaaf raak en jou gesondheid ernstig benadeel.

Seks met jou kêrel of meisie: Julle kan oor ’n maand uitmaak. Hoe gaan jy dan voel

 

  • Vra: Wat kan ons eerder doen?

Stel iets anders voor wat julle kan doen. Dis dikwels makliker as om die slegte gevolge op te noem.

 

  • Loop weg

As dié strategieë nie werk nie, stap net weg, maar moet liewer nie jou vriende kritiseer nie (dit kan op ’n bakleiery uitloop). Sê liewer iets soos: “Reg, ek gaan liewer klas toe en dan kry ek julle ná skool by Jacques se huis.

 

 

Positiewe groepsdruk

 

Net soos wat kinders mekaar negatief kan beïnvloed, kan hulle mekaar ook positief ondersteun. Aangesien kinders maklik beïnvloedbaar is, is dit belangrik dat ‘n kind maats het wat ‘n positiewe invloed uitoefen.

 

Hier is ‘n paar voorbeelde waar groepsdruk positief kan wees.

  • Kinders sien wanneer maats se goeie gedrag en maniere beloon word en sal dan hierdie gedrag naboots om ook beloon te word.

  • n Kind sal meer aandag aan sy skoolwerk gee wanneer sy maats dieselfde doen.

  • Wanneer maats aan sport en buitemuurse aktiwiteite deelneem, sal ‘n kind self ook deel van die span wil wees vir die geselligheid en spangees wat daaraan verbonde is.

  • Kinders leer om mededeelsaam te wees wanneer maats mededeelsaam is.

  • As jy jou kind aan positiewe eerder as aan negatiewe groepsdruk wil blootstel, maak dan seker dat jou kind die regte maats het. Goeie vriendskappe is baie waardevol vir jou kind.

bottom of page