top of page

DIVERSITEIT TEN OPSIGTE VAN GODSDIENSTIGE VRYHEID IN SKOLE:

 

Wenke vir die aanbied van diversiteit ten opsigte van godsdienstige vryheid in skole:

Geloof kan 'n komplekse en selfs omstrede kwessie wees en daarom moet dit versigtig genader word in die klaskamer. Die goeie nuus is dat duidelike riglyne toepaslike praktyke vir openbare-skool opvoeders bied.

 

In die algemeen, sal opvoeders 'n sekulêre bespreking wil aanbied wat nie enige godsdiens onderskryf of afkraak nie. Jy sal ook wil  seker maak dat die ervaring gemaklik is vir leerders van enige geloof, sowel as diegene wat nie 'n godsdienstige affiliasie het nie.

 

As sodanig, sal onderwysers seker wil maak dat hulle die volgende vermy:

  • Rol-speel enige vorm van oefening wat oorweeg kan word as ‘n erediens aktiwiteit (d.w.s., vakansies moet eerder bespreek word as wat dit “gevier” word).

  • Vereis of druk leerders om hul eie godsdienstige oortuigings te bespreek of bekend te maak (dit sluit in om leerders uit te lig wat 'n bepaalde geloof verteenwoordig).

  •  Om bespreking in so ‘n rigting te laat gaan sodat mede leerders geoordeel word.

  • Stereotipering van aanhangers van verskillende gelowe of ignoreer die diversiteit teenwoordig in elke geloof.

 

INLEIDENDE INLIGTING VIR LEERDERS:

 

Wat is 'n godsdiens?

 

Begin deur leerders te vra om die term te definieer "godsdiens."

 

Maak aantekeninge van leerders se response op papier, of laat hulle hul idees mondelings met die klas deel. Afwisselend of addisioneel, kan jy dat leerders hul antwoorde in ‘n persoonlike joernaal aanteken.

  • hul idees met sosioloog, Emil Durkheim, se klassieke definisie: "Geloof is 'n eenvormige stelsel van oortuigings en praktyke met betrekking tot die heilige dinge, dit wil sê, dinge afgesonder en verbied - oortuigings en praktyke wat verenig in een enkele morele gemeenskap."

 

Onthou dat leerders geneig is om hul definisies te voorsien wat die omvang van hul persoonlike oortuigings weerspieël. Indien leerders 'n joernaalinskrywing gemaak het van hul aanvanklike definisie, laat hul nadat daar onderrig is oor wereldgodsdiens teruggaan en dan bepaal of hul hul oorspronkilike defenisie wil hersien of uitbrei.

 

Praktiese take:

1

Begin deur ‘n bespreking van die idee dat een van die dinge wat Suid-Afrika ‘n wonderlike land maak is sy diversiteit.

Wys vir die leerders ‘n grafiek met die mees gewildste gelowe in Suid-Afrika. Maak tyd om die terme Christendom en Nie-sekulêre te bespreek. Wys daarop dat 'n aantal algemene godsdienste onder die etiket Christendom geplaas sal word.

 

Volgende, laat leerders ‘n bespreking hou en dan ‘n lys maak van die hoeveelheid godsdienste wat hul aan kan dink. Help leerders met die ontwikkeling van die lys as dit nodig is. Sodra die lys voltooi is, moet leerders individueel of in pare navorsing doen oor een van die godsdienste op die lys. Maak seker dat die aantal godsdienste wat in die Christendom kategorie geplaas kan word beperk is sodat leerders die geleentheid sal he om oor ‘n wyer verskeidenheid van godsdienste te leer.

 

Terwyl die ondersoek gedoen word, moet leerders die antwoorde op vrae vind soos :
• Wat is die naam van die godsdiens?
• Waar het die godsdiens ontstaan?
• Wie was die stigter van hierdie godsdiens?
• Wat is die basiese oortuigings wat verband hou met hierdie godsdiens?
• Wie is 'n paar belangrike leiers of figure in hierdie godsdiens?
• Wat is 'n paar van die belangrikste feeste wat verband hou met hierdie godsdiens?
• Wat is die simbole en/of boeke wat verband hou met hierdie godsdiens?
 

Alle inligting wat ingesamel word moet basiese, feitelike inligting oor die godsdiens wees.

Sodra navorsing voltooi is, moet leerders 'n vertoning of 'n plakkaat maak om die geloof wat hul nagevors het te beskryf.

 

 

2

Die Suid-Afrikaanse Grondwet waarborg Suid-Afrikaanse burgers 'n verskeidenheid van regte wat toelaat dat mense van verskillende oorsprong, oortuigings en rasse in vrede saam bestaan in 'n demokratiese staat. Sonder die Grondwet, veral die Handves van Menseregte, kan ons nie die menseregte wat ons dikwels as vanselfsprekend aanvaar in ons samelewing vandag, geniet nie.

 

Fasiliteer 'n kort bespreking oor die Handves van Regte. Vra leerders om die vryheid wat ons geniet as gevolg van hierdie dokument te noem. Teken hierdie vryhede op die bord.

 

Volgende, fokus op die vryheid van godsdiens. Vra leerders om voorbeelde, historiese en hedendaagse, te identifiseer van mense wat veg vir die reg om  godsdiens vrylik te beoefen. Help leerders waar nodig is met die ontwikkeling van hierdie lys.

 

Vra leerders om te dink wat die lewe in Suid-Afrika kan wees as die vryheid van godsdiens nie deur die Grondwet beskerm word nie. Leerders kan dan in die klas hul idees met mekaar bespreek.

 

 



 

 

bottom of page