top of page

 

mishandeling (kinder en gesins)

Kindermishandeling

 

Die definisie word as volg saamgevat in die Kinderwet:

“mishandeling”, in verband met ‘n kind, beteken enige vorm van skade of mishandeling doelbewus aan die kind aangerig en sluit in:

 

  • aanranding van ‘n kind of aanrig van enige doelbewuste besering aan ‘n kind;

  • seksuele misbruik van ‘n kind of die toelaat van die seksuele misbruik van ‘n kind;

  • die boelie van ‘n ander kind;

  • n arbeidspraktyk wat ‘n kind uitbuit; of

  • die blootstel en onderwerping van ‘n kind aan gedrag wat die kind sielkundig of emosioneel kan skaad

.

 

Sielkundige mishandeling

 

Sielkundige mishandeling is die sistematiese pleging van kwaadwillige en eksplisiete nie-fisiese handelinge teen ‘n intieme maat, kind of afhanklike volwassene. 

Dit kan die bedreiging van die fisiese gesondheid van die slagoffer of die slagoffer se geliefdes, die beheer van die slagoffer se vryheid en die doelmatige gedrag om die slagoffer te isoleer of ontspoor insluit. 

Sielkundige mishandeling vind gereeld plaas voor of tydens fisiese of seksuele mishandeling.  Meeste mans wie hul intieme maats fisies mishandel sal hul ook sielkundig mishandel.  Sielkundig mishandelende mense is meer geneig om n wapen teen hul maats te gebruik, vorige kriminele arrestasies, middel misbruik- en werknemings- probleme te hê.

 

Kinders wat slagoffers is of blootgestel word aan sielkundige mishandeling is meer geneig om betrokke te wees by sielkundige mishandeling as volwassenes.  Gevalle van fisiese mishandeling van kinders is meer gereeld wanneer vergesel deur sielkundige mishandeling.  Kinders wat sielkundig mishandel is, is meer geneig om gedragsprobleme te ondervind gedurende hul kinderjare en simptome van angs, depressie en post-traumatiese stres aandoening te ontwikkel later.

 

Individue wie slagoffers is van sielkundige geweld is meer geneig om

  • swak fisiese gesondheid,

  • probleme om te konsentreer,

  • emosionele en- / of geestelike versteuring, swak werk- of skool prestasie,

  • groter moontlikheid van middelmisbruik,

  • selfmoordgedagtes en / of selfmoordpogings te ervaar.

 

Die mees algemene sielkundige effekte van fisiese mishandeling sluit in

  • depressie,

  • sukkel om te slaap,

  • verlies van aptyt,

  • paniekaanvalle

  • angs

 

 

Verbale Mishandeling

 

Verbale mishandeling (ook genoem gesmaal of verbale aanval) is ‘n vorm van mishandelende gedrag

 

Verbale mishandeling word die beste beskryf as n voortslepende emosionele omgewing gereël deur die mishandelaar met die doel van beheer.  Die onderliggende faktor in die dinamika van verbale mishandeling is die mishandelaar se lae dunk van hom-of haarself.  Die mishandelaar probeer die slagoffer in ‘n posisie plaas om soortgelyke dinge van hom- of haarself te glo. 

Dis ‘n vorm van verwronge projeksie.

 

Kulturele druk teen  aanmelding van misbruik deur mans kan ‘n reaksie of nie-reaksie sydigheid  skep wat aanleiding gee tot die onderskatting van die hoeveelheid en proporsie van manlike slagoffers. In enige geval kan verbale mishandeling plaasvind teen ‘n persoon van enige geslag, ras, kultuur, grootte, seksuele oriëntering of ouderdom.

 

Verbale mishandeling vermeerder tipies oor tyd in intensiteit en eskaleer ook  gereeld na fisiese geweld.

 

Gedurende intense verbale mishandeling ly die slagoffer gewoonlik aan ‘n lae selfbeeld.  As ‘n gevolg hiervan verval baie slagoffers in kliniese depressie en post-traumatiese stres aandoenings.

 

Ongeag die feit dat die mees algemene vorm van mishandeling verbale mishandeling is, word dit dikwels nie so ernstig bejeën soos ander vorms van mishandeling nie omdat daar geen sigbare bewyse is nie.  Die realiteit is egter dat matige na ernstige gevalle van verbale mishandeling (veral waar die slagoffer onder gedurige aanval verkeer) kan meer nadelig wees vir ‘n persoon se gesondheid as fisiese mishandeling.

 

Verbale mishandeling wat op ‘n jong ouderdom ervaar word dra by tot

  • ‘n minderwaardigheidskompleks,

  • “óór manlikheids-“ houdings, (machismo)

  • ander negatiewe gedrag wat baie mense kwel tot hul senior ouderdom.

 

Mense wat voel hul word deur ‘n verbale mishandelaar aangeval op ‘n gereelde basis moet professionele berading soek en hulself uit die negatiewe omgewing verwyder wanneer moontlik.  Om in die omgewing van verbale mishandelaars te bly is beskadigend vir ‘n persoon se algehele welvaart en alle stappe om hierdie situasie te verander moet nagevolg word.

 

Seksuele mishandeling

 

Seksuele mishandeling is enige soort seksuele kontak waartoe daar nie toestemming verleen is nie en sluit beide seksuele teistering en verkragting in.  Seksuele mishandeling kan met mans en vrouens van enige ouderdom gebeur.

 

As u ‘n seksuele mishandeling oorlewende is of u dink u was dalk ‘n slagoffer van seksuele mishandeling kan eweknie-ondersteuning baie behulpsaam wees.  Onthou dat dit nie u skuld was nie.

 

Seksuele mishandeling deur ‘n maat / intieme kennis kan neerhalende wees en sluit in

  • weiering om voorbehoedmiddels te gebruik,

  • doelbewuste veroorsaak van fisiese pyn gedurende seks,

  • doelbewuste oordrag van seksueel oordraagbare siektes of infeksies

  • die gebruik van objekte, speelgoed, of ander items (bv baba-olie of smeermiddels) sonder toestemming en die veroorsaak van pyn of vernedering

  • Verkragting is die gewelddadige daad van seksuele omgang teen ‘n persoon se wil en sonder toestemming. 

  • Die fokus van verkragting is mag en woede en nie seks nie.  Verkragting word gereeld uitgevoer deur iemand bekend aan die slagoffer en kan selfs binne ‘n huwelik plaasvind

  • Anale omgang, wat verkragting mag vergesel, word sodomie genoem.Orale seks, mag ook ‘n geforseerde daad wees wat ‘n verkragting vergesel.  

  • Dreigemente van ernstige liggaamlike skade of dood word dikwels met verkragting verbind.

  • Na ‘n aanval voel slagoffers van seksuele geweld dikwels asof hulle geruïneer is deur die vreesaanjaende, pynlike voorval.  Slagoffers van verkragting mag hulself verkeerdelik blameer omdat dat hul, hulself in ‘n situasie bevind het waar die aanval kon plaasvind.

  • Seksuele teistering sluit onwelkome seksuele toenadering of ongewenste seksuele kontak deur ‘n ander volwassene in.

  •  Mense betrokke by seksuele geweld mag ook seksuele grappies vertel, vra vir seksuele gunsies, en / of vieslike of neerhalende taal in die teenwoordigheid van iemand anders wat nie die gedrag uitlok nie gebruik. 

  • Slagoffers van teistering mag hulself verkeerdelik blameer dat hul op ‘n manier bygedra het tot die teistering.

 

 

Gewaar Tekens van Geweld of Geweldadige Verhoudings

Hier is twintig gewaar tekens wat vroeg in ‘n verhouding mag wys as ‘n

persoon geneig is om besitlik, oorheersend of geweldadig te wees

 

Te goed om waar te wees:

Het hy/sy totaal behep geraak met jou, soos om jou elke uur te bel net om “jou stem te hoor,” om jou skool toe te neem en te kom haal by die skool, en om dinge vir jou te doen wat jy voorheen vir jouself gedoen het om in beheer te wees van jou lewe?

Woede Buie:

Het hy/sy woede uitbarstings of ‘n vinnige/kwaai humeur, soos om jou te blameer,dinge rond te gooi of om deure te skop. Hierdie uitbarstings is dalk nie direk teenoor jou nie, maar teenoor enige een of enige iets.

Geweldadige of neerhalende spraak:

Gebruik hy/sy neerhalende spraak vir ander vroue (of vir jou) soos, “hoer”, “slet” ens? Gebruik hy/sy rassistiese of haatlike taal? Of maak hy/sy dreigemente teenoor ander?

seksistiese houding:

Het hy/sy sterk idees omtrent die plek en posisie van vroue teenoor mans,

byvoorbeeld, dat hy/sy aandring dat “‘n man of vrou” hulle plek moet ken? Dink aan wat jy geleer het omtrent geslag en mag in vorige lesse om jou te help verstaan watter idees jou kêrel of meisie het oor wat ‘n man en wat ‘n vrou moet wees.

Beledigings:

Verkleineer hy/sy jou vir jou opinie of lag vir wat jy in glo? Laat hy/sy jou dom, onkundig, of onbekwaam voel?

emosionele geweld:

Laat hy/sy jou voel dat jy niks reg kan doen nie of dat jy nie oor die weg kan kom in die lewe sonder hom/haar hulp nie? Sê hy/sy vir jou dat jy “niks werd” is nie?

vernedering:

Verneder of verkleinneer hy/sy jou alleen of in die teenwoordigheid van ander

mense?

Woede oor vorige verhoudings:

Let op hoe hy/sy praat oor sy/haar vorige maats. Kom dit voor of hy/sy baie kwaad is oor ‘n vorige verhouding, noem hy/sy ‘n vorige maat name, of gebruik hy/sy vernederende termes om ‘n vorige maat te beskryf? Onthou dat hy/sy later dieselfde aggressie en beledigings teenoor jou mag wys.

Alkohol en dwelm misbruik:

Het hy/sy ‘n alkohol of dwelm probleem? Dink aan die gevare van

alkohol en dwelm misbruik in ‘n verhouding wat jy in ‘n vorige les bespreek het gebeur enige van daardie dinge in jou verhouding?

Blameer ander:

Is hy/s geneig om ander te blameer vir besluite of optredes wat hy/sy vir hom

of haarself maak?

Geweld onder die invloed van alkohol of dwelms:

Word hy/sy verbaal of fisies geweldadig onder die invloed van alkohol en dwelms? Verander hy/sy baie nadat hy/sy alkohol gedrink of dwelms gebruik het en probeer hy/sy druk op jou plaas om dinge te doen wat jy nie wil doen nie (bv, om saam met hulle te drink of dwelms te gebruik, seks te hê, om saam hulle te ry om met ‘n ander groep te baklei)?

Verbale of fisiese geweld teenoor ander:

Is hy/sy verbaal of fisies geweldadig teenoor ander, soos mense in ‘n restaurant, ander bestuurders op die pad, mense met wie hy/sy in kontak kom?

Erge kritiek aan jou of jou familie:

Sê hy/sy negatiewe dinge van jou of jou familie?

Erge seksuele jaloesie:

Sê hy/sy “Ek het jou so lief dat ek dit nie kan verdra wanneer jy tyd met

ander mense spandeer nie”?

Besitlike gedrag:

Is hy/sy ongelukkig of humeurig wanneer jy tyd saam met jou familie of vriende/vriendinne spandeer? Wil hy/sy altyd weet presies waar jy is of wat jy doen? Word hy/sy ontsteld of kwaad wanneer jy nie jou telefoon antwoord nie of nie gou genoeg reageer op’n boodskap nie? Verwag hy/sy dat jy beskikbaar moet wees om hom/haar te sien ten alle tye?

Beperkende en oorheersende gedrag:

Het hy/sy vir jou gesê om nie enige kontak met jou vriende/vriendinne en familie te hê nie? Het hy/sy jou gesê wat om aan te trek en wat om nie aan

te trek nie. Probeer hy/sy vir jou voorskryf wat jy mag doen, waarheen jy mag gaan, wat jy nie mag doen nie of waarheen jy nie mag gaan nie?

Jaloerse beskuldigings:

Het hy/sy ligtelik of ernstig gekla dat jy probeer ander mans/vroue se

aandag te trek deur die manier wat jy loop, aantrek of optree.

spionering en agtervolging:

Hou hy/sy rekenskap van waar jy gegaan het, hoeveel tyd jy met ‘n ander persoon spandeer het of enigiets anders wat jy gedoen het? Probeer hy/sy die

oproepe en boodskappe op jou telefoon nagaan?

bottom of page