top of page

WENKE VIR SKOOLVERLATERS

  • Maak seker dat dit wat jy studeer regtig vir jou lekker is en dat jy geintresseerd sal bly daarin, anders gaan dit jou begin verveel end an gaan jy nie meer wil leer nie en op die ou einde los ‘n mens die studies en dit beinvloed mens se hele toekoms.

  • Respekteer die mense om jou. Lektore se raak moet altyd na die hart geberg word en maak seker dat jy respek het vir jouself voor jy respek verwag van ander.

  • Moet nie jou hele lewe lank mense om jou probeer gelukkig maak nie, dit is ‘n mors van tyd omdat ons nooit elke mens wat in ons lewens inkom gaan gelukkig maak nie. Doen jou bes om jouself tevrede te stel en die res sal daarna volg.

  • Eerste indrukke hou die langste en dit is een van die moeilikste dinge om ooit reg te stel as mense eers hulle eie opinie oor jou het.

  • Wees betrokke by soveel as moontlike kommitees, produksies, groepe ensovoorts. Op hierdie manier sal jy altyd betrokke bly en jy sal altyd vriende hê en deel vorm van ‘n groep mense.

  • Werk hard aan jou studies. ‘n Graad of ‘n diploma is net ±4 jaar, daarna is jou hele lewe oop om te speel en te doen wat jy ookal wil. Jou studies beteken jou toekoms en dit is ‘n prestasie wat niemand van jou af kan weg vat nie.

  • Stel jou eerste dag van die grootmens vir jouself doelwitte en doelstellings sodat jy na iets to werk en nie later voel dat als waaraan jy tyd bestee onnodig is nie.

  • Leer om nee te sê. Die lewe gaan oor keuses en jy het die keuse om nee te sê as dit jou ontevrede laat of wanneer iets jou baie ongelukkig maak. Glo en vertrou in jou waardes.

  • Jou opinies oor baie dinge in die lewe sal verander soos jy ouer word, byvoorbeeld oor politiek, vriende, interaksies, gemeenskappe en geloof. Gaan op jou instink. Die lewe is kort en ons almal kan nie altyd 100% reg lewe nie.

  • Om te lewe en als te doen wat jy wil, want jou ouers en jou onderwysers sal jou foute korregeer. Dit is ‘n baie slegte gewoonte. Leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir jou dade en leer om oplossings te vind sonder om konflik te veroorsaak.

  • Leef ‘n gesonde leefstyl. Eet gesond, slaap genoeg, oefen gereeld en moenie jouself ooreis nie, maak seker dat jou doelwitte bereikbaar is.

  • Leer om informasie en kennis op ander plekke te begin soek as net in die klaskamer. Die wêreld is vol bronne en dit is tot jou eie voordeel om gebruik te maak van hierdie bronne.

  • BEPLAN!

  • Weet waar geld vandaan kom en leer hoe om met geld te werk. Jou ouers gaan nie altyd daar wees nie en jy gaan moet leer om vir jouself ook te voorsien. Die beste begin is om ‘n deeltydse werk te kry. Dit sal jou verantwoordelikheid leer end it sal jou meer volwasse maak.

  • Vir elke besluit wat jy maak en vir elke ding wat jy doen, vra jouself die volgende vraag : “ Wat gaan die gevolg hiervan oor 5 jaar wees.”

  • Hoërskool is 5 jaar en die res van jou lewe is min of meer 60 jaar. Onthou net dat jou 60 jaar se sukses af hang van wat jy in 5 jaar bemeester.

VIR DIE LEERDERS WAT NIE GAAN STUDEER NIE

Algemene vrae wat jy in 'n onderhoud kan verwag

(Karen Nelmapius)

 

  • As jy vir 'n onderhoud genooi word, beteken dit die feite op jou CV het die werkgewer oortuig jy kan dalk die werk doen. Nou hang dit van jou vertoning tydens die onderhoud af of jy die aanstelling gaan kry.

  • Berei jou dus voor op vrae wat jou gevra kan word. Trouens, volgens Eleanor Lemmer, skrywer van die gids Terug werk toe, is daar sekere vrae wat byna altyd gevra word. Deur dié vrae vooruit te loop, sal jy in staat wees om beheer oor die inhoud van die onderhoud uit te oefen.

  • Onthou om versigtig te luister, en vra dat die vraag herhaal word indien jy onseker is. Antwoord in eenvoudige, reguit taal. Dink voordat jy antwoord, en wees eerlik, sê sy. Goeie taktiek is om oorbruggingskommentaar te gebruik soos: ``Ek is bly u vra dié vraag.'' Dit gee jou tyd om oor jou antwoord te dink, en dit reg te formuleer.

  • Hier volg van die vrae wat volgens Lemmer die gereeldste opduik.

  • Hoe sal jy jouself beskryf?

  • Dit is 'n gulde geleentheid om te imponeer. Berei 'n kort, maar selfversekerde antwoord voor, waarin jy jou beste eienskappe beskryf, byvoorbeeld: ''Ek is baie gemotiveerd, gedissiplineerd en het 'n sterk verantwoordelikheidsin. Dit was die rede vir my sukses in my deeltydse studies.'' Moenie tyd mors op persoonlike of gesinsprestasies nie, tensy dit van toepassing is op die werk.

  • Wat is jou beste eienskappe? 

  • Lemmer se advies is om belangrike eienskappe uit te sonder, en dit dan toe te pas op die vereistes wat die werk stel. Gebruik sterk positiewe byvoeglike naamwoorde, soos deeglik, geesdriftig, effektief, hardwerkend, ondernemend. Gebruik sterk werkwoorde soos toepas, bydra, koördineer, beplan en skryf.

  • Wat is jou swakste eienskappe?

  • Moenie jouself afkraak nie. Bly by 'n klein probleempie, en sê hoe dit oorkom kan word, byvoorbeeld: ``Ek het net matriekboekhou, maar ek het reeds vir 'n korrespondensiekursus ingeskryf.''

  • Hou dit ingedagte dat van dié swak eienskappe omgeskep kan word in sterk punte. As jy byvoorbeeld so pligsgetrou en taakgerig is dat jy mense vermoei, sê in die onderhoud jy is só 'n werkslaaf dat jy hoë eise aan jouself én ander stel. Pleks van om te sê jy is stadig of vitterig, sê jy is deeglik. Of sê eerder jy is ''ferm'', as om te sê jy is ''onbuigsaam''.

  • Hoe gaan die onderneming baat vind deur jou in diens te neem? 

  • Noem kortliks jou belangrikste kwalifikasies en jou toepaslike vaardighede en ervaring. Pas dit toe op die maatskappy se doelstellinge. Wys op die verwantskap tussen jou besondere agtergrond en die vakature sodat dit duidelik is waarom jy, en nie iemand anders nie, reg is vir die pos.

  • Hoekom wil jy die werk hê/vir dié onderneming werk?

  • Noem 'n treffende en positiewe eienskap van die onderneming wat sal aandui dat jy navorsing gedoen het voordat jy vir die onderhoud gekom het. Bring dit in verband met jou besondere vaardighede.

  • Waar sien jy jouself oor vyf jaar?

  • Gee 'n kort uiteensetting van jou beroepsdoelstellings, en verduidelik hoe jy te werk gaan om dit te bereik. Verduidelik dan hoekom jy meen 'n betrekking by dié maatskappy sal geleentheid bied vir verdere professionele groei. Pas net op dat jy nie te rigied klink nie. Beklemtoon jou buigsaamheid en die feit dat jou mikpunte aanpasbaar is.

  • Waarom het jy by jou vorige werk bedank?

  • Pasop vir dié vraag, maan Lemmer. En moet nooit sleg praat van 'n vorige werkgewer nie. Plaas eerder klem op die feit dat jy meen die nuwe posisie bied meer ruimte vir vordering , groter verantwoordelikhede of die verwesenliking van jou beroepsdoelstellings.

  • Lemmer wys ook daarop dat onderhoudvoerders dikwels veral aan vroue diskriminerende of persoonlike vrae vra. Dit hou gewoonlik verband met huwelikstatus, die uitbreiding van jou gesin ens.

  • Terug werk toe word deur JL van Schaik uitgegee.

bottom of page