top of page

projekte

 

Die projek sal 'n werkstuk wees waarin kennis, vaardighede en waardes gedemonstreer word, wat sal lei tot

bevoegdheid in die spesifieke of geïntegreerde inhoud. Die taak behels die versameling, ontleding en/of evaluering

van data en inligting wat sal lei tot die sintetisering van die bevindinge in 'n skriftelike produk waaroor verslag gedoen, gemodelleer of deur die leerders uitgevoer kan word. Leerders sal ook data/hulpbronne/inligting versamel buite die kontaktyd om die taak uit te voer. Die voltooiing van die projek word deur die onderwyser gedurende klastyd gefasiliteer om die geldigheid van die produk te verseker.

 

Die onderwerp en aard van die projek sal bepaal word deur die inhoud wat in die jaarlikse onderrigplan gedek moet word. Leerders moet genoeg tyd gegun word om die projek te voltooi. Leerders behoort vanaf die aanvang voldoende leiding gegee te word en vordering behoort deurgaans gemonitor te word. Alle toepaslike assesseringskriteria moet met die leerders bespreek word voordat daar met die projek begin word. Leerders moet genoeg tyd gegun word om die projek te voltooi, daarom behoort dit voor die einde van die tweede kwartaal gegee te word sodat dit gedurende die derde kwartaal ingehandig kan word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ONTWERP EN VERVAARDIGING

 

Dit behels die ontwerp en skep van die werklike produk deur gebruik te maak van skeppende prosesse om 'n sekere bevoegdheid te bereik. Die skep van 'n voorwerp is die eindproduk van 'n ontwerp. Daar word van die leerders verwag om te ontwerp, te skep en beskrywende paragraaf/paragrawe oor die taak te skryf. Leerders moet begrip toon van die kennis wat verwerf is, asook die toepassing van die kennis en vaardighede. Die fokus sal bepaal word deur die inhoud wat in die jaarlikse onderrigplan gedek word. Die onderwyser voorsien die leerders van hulpbronne en inligting wat benodig word om die taak te voltooi. Alle assesseringskriteria wat op die taak van toepassing is moet vooraf met die leerders bespreek word.

 

VOORBEELDE:

                                            

Maak 'n plakskildery (collage) of 'n plakkaat wat jou eie persoonlike dieet beskryf met verwysing na jou

eetgewoontes en voedingswaarde. Skryf een tot twee paragrawe wat jou eetgewoontes beskryf en hoe om

slegte gewoontes te verbeter of goeie gewoontes vol te hou.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ontwerp 'n plakkaat deur prente, foto’s en tekeninge te gebruik wat jou doelwitte weerspieël in verhouding

tot jou persoonlike lewenstyl en toekomstige loopbaan. Skryf kort aantekeninge en heg 'n plan aan wat sal

beskryf hoe jy jou doelwitte sal bereik.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

GESKREWE TAKE EN WERKSOPDRAGTE

 

Die werkstuk laat 'n meer holistiese assessering van kennis, vaardighede en waardes toe en die toepassing daarvan in verskillende kontekste. Die werkstuk is nie so oop soos 'n projek nie en daar word nie van die leerders verwag om data en inligting te versamel, te analiseer en/of te evalueer met die doel om dit te sintetiseer nie. Die werksopdrag is 'n oefening met duidelike riglyne en 'n spesifieke lengte waarin probleme opgelos word en/of besluitneming en die toepassing van kennis gedoen word. Die fokus sal bepaal word deur die inhoud wat gedek is volgens die jaarlikse onderrigplan. Die onderwyser voorsien die hulpbronne en inligting aan die leerders wat hulle gaan benodig om die taak te voltooi. Alle toepaslike kriteria moet met die leerders bespreek word voordat die taak begin word.

 

 

PRAKTIESE DEMONSTRASIE

Praktiese demonstrasies sal die juffrou help om die Lewensoriëntering klas opwindend te maak en meer verstaanbaar vir die leerders deur die gebruik van visuele beelde/materia. ander manire ias rolspel.

 

 

RolSpel Wenke

1.Onthou dat die doel van die rolspel is om vir ander leerders ‘n toneel

te demonstreer van ‘n beter manier om ‘n situasie te hanteer deur

gebruik te maak van goeie vaardighede en besluitnemings tegnieke

of om te wys hoe sleg ‘n situasie kan wees wanneer swak besluite

gemaak word.

 

2. ‘n Rolspel is nog ‘n vorm van optree - jy gee voor om iemand te

wees wie jy nie is nie.

 

3. Wanneer jy die rolspel voordra, kyk na die gehoor en praat hard

genoeg sodat hulle jou kan hoor.

 

4. Ontwerp jou storie; moenie net sê, “ok, ons sal dit op jou manier

doen” nie. Karakters moet die aspekte bespreek en elkeen moet

hulle sienswyse voorstel voor ‘n besluit geneem word.

 

5. Geniet dit – maar neem die rol-spel oefening ernstig. Dit is ontwerp om vaardighede te leer en om opsies aan die klas voor te lê.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Besprekingsvrae: Les 10

Waar het die miskommunikasie tussen John en Janine begin?

Wat beteken dit vir John om vir Janine ‘n geskenk te gee?

Hoekom is dit belangrik om duidelik oor seks en perke te praat?

Dink jy John het Janine se besluit om nie seks te hê in die storie nie geRespek teer?

Dink jy dat Janine gereed is vir ‘n ernstige verhouding? Hoekom of hoekom

nie?

Dink jy dat John gereed is vir ‘n ernstige verhouding? Hoekom of hoekom nie?

Gaan terug na bladsy 49: “As ‘n meisie dronk is sal sy nie die verskil weet nie.”

Stem jy saam? Is dit aanvaarbaar?

Beskryf die problem wat ‘n gaping in kommunikasie kan veroorsaak in die verhouding

rolspel.

Gee voorbeelde van strategieё om die lyne van kommunkasie oop te maak.

Bespreek wat dit moeilik maak om seks as ‘n onderwerp of kondoom gebruik

op te bring en oor te praat. Wat sal help om so ‘n gesprek te begin?

aksienavorsing

Wat is aksie navorsing?

Aksie navorsing ondersoek fokus op die prestasie en verbetering van ‘n situasie of ‘n organisasie. Aksie navorsing kan gesien word as ‘n benadering wat staan vir; as jy doen sal jy leer en ervaring opdoen om ‘n situasie beter te hanteer. Aksie navorsing kan individueel en in groepe geskied. As die probleem aangevat word deur middel van groepe, dan word dit “gesamentlike ondersoek” genoem.

 

Hierdie tipe navorsing is ‘n reflektiewe proses van progressiewe probleem oplossing. Die navorsing het ‘n sosiale dimensie omdat dit in alledaagse situasies plaasvind en alledaagse struikelblokke wil oorkom. Die betrokke navorser bly nie objektief in sy opinie nie en erken openlik sy partydigheid teenoor die ander deelnemers.

 

 Stephen Kemmis het ‘n eenvoudige model ontwikkel van die tipiese aard van hoe Aksie navorsing bewerkstellig word. Elke siklus het vier stappe, naamlik;

·  Beplanning (plan)

·  Optree (act)

·  Observer (observe)

·  Reflekteer (reflect)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wat is die doel van Aksie navorsing?

Daar is ʼn hittige debat oor die doel van aksie navorsing. Volgens Jean McNiff en Jack Whitehead (2002) is die menings van navorsers verdeel tussen die volgende twee punte:

Aksie navorsing moet benuttig word om individue waar te neem en daarna hulle aksies te beskryf, om sodoende hulle aksies beter te kan begryp. Deur waarneming van die deelnemer en hul interaksie met hul omgewing kan begrip verkry word, deur ontleding, met betrekking tot die redes waarom hulle sekere aksies uitvoer en hoe hul funksioneer deur daardie aksies.

In teenstelling glo steeds ander navorsers dat aksie navorsing gebruik moet word om sosiale verandering mee te bring. Dit word bereik deur die vervaardiging van beskrywings deur deelnemers om self te verduidelik wat hulle opvoedkundige praktyk behels. Dit meen dat die navorser die ideaal nastreef van beter sosiale omstandighede, nie slegs die begrip van sosiale interaksies nie.

Ons as aspirante navorsers val meer in trant met die tweede stelling in dat ons streef om verbetering te bring in ons afsonderlike velde van spesialisering. Dit is ons mening dat daar meer moet plaasvind as net blote begrip. Veral in opvoedkunde moet daar ʼn impak gemaak word op die deelnemers en selfs die opvoeders sodat beter leer- en lewensomstandighede die eindresultaat is.

 

 

 

 

 

 

bottom of page